Description:
Vernaamste verantwoordelikhede
Moet die oord se verkope en besprekingsafdeling bestuur en deurlopend ontwikkel.
Moet die oord se verkope- en bemarkingstrategie saamstel, uitvoer en die strategie bestuur.
Koördineer die verkopefunksie van die bemarkingsaksies by die oord.
Bemark die oord om groepe mense, konferensiegangers en ander nuwe markte te bereik.
Moet op hoogte wees en bly van tendense in verkope en bemarking, voorkeure van kliënte en die impak wat hierdie tendense op die oord het.
Moet die oordbestuurder ondersteun en bystaan met betrekking tot alle oordprojekte en -aktiwiteite.
Moet bereid wees om onafhanklik te reis, en om eksterne bemarkingskoue by te woon.
Moet die webwerfinhoud bestuur en die inhoud ook gereeld bywerk.
Verantwoordelik vir die samestelling en aanbieding van die oord se vermaakprogramme.
Requirements:
Toepaslike, bewese ervaring met minstens vyf jaar se ondervinding in toerisme, mediabemarking, digitale bemarking, vermaakprogramme en projekkoördinering.
’n Sterk administratiewe ingesteldheid en die vermoë om aksieplanne doeltreffend uit te voer.
Goeie kommunikasievermoë in Afrikaans en Engels.
Moet rekenaarvaardig wees met betrekking tot die Microsoft-produkreeks, asook goed vertroud wees met sosialemediaplatforms.
Diensbeurte doen op die oord
Moet noukeurig, georden en detail-georiënteerd wees, onder druk kan funksioneer en nie aan kantoorure gebonde wees nie.
Goeie rekord in verkope in gasvryheidsbedryf of verwante industrie
Beskik oor goeie bemarkingsvaardighede