Description:
Die firma is op soek na n ervare advertensiebemarker met bewese toepaslike ervaring. Hul hoofkantoor is in Lynnwood, Pretoria, en die kandidaat moet in Pretoria woonagtig wees alhoewel die personeelspan grootliks van hul huise af werk.Die tydskrif het landwyd adverteerders.
Die geskikte kandidaat, wat direk aan die Redakteurs verantwoordelik sal wees, sal redaksionele en administratiewe steun ontvang. Die persoon moet egter sterk selfstandig kan werk en tegelyk ook goed in n span kan saamwerk.
Vereistes
n Bewese suksesrekord van advertensieverkope Moet n advertensiewerwing- en bemarkingsplan kan help opstel Moet self die advertensiewerwing en kliënteversorging kan doen n Aanvoeling vir die seniors-marksektor (vyftig-plussers) en diensteleweraars op dié gebied in Suid-Afrika is noodsaaklik n Geskikte kandidaat sal waarskynlik self in die ervare lewensgroep van 48-70 jaar wees. (Hierdie kan ook die ideale soort pos wees vir n persoon wat onlangs afgetree het of binnekort aftree) Rekenaargeletterdheid Goeie taalvaardigheid in Afrikaans en Engels Eie vervoer, eie telefoon en huiskantoorgeriewe Moet bereid wees om van tyd tot tyd te reis Na matriek, n verdere toepaslike kwalifikasie/s bv. graad, diploma, kursusse gevolg. Voordelig
Kennis en ervaring van skakelwerk, bv. die reël van promosiegeleenthede, skakeling met lesersgroepe, kliëntegroepe of toepaslike verenigings. Bestaande of vorige skakelnetwerke sal u sukses help bepaal. Moet nuwe adverteerders kan help vind.Die basiese salaris sal bepaal word op grond van die waarde wat jy na verwagting tot die besigheid sal bydra, met inagneming van jou verkope-rekord, netwerk in die bedryf, en voorgestelde prestasieteikens.
18 Apr 2025;
from:
gumtree.co.za