Description:
Ons kliënt, Bella Frutta Packhouse, net buite Ceres, het ‘n geleentheid beskikbaar vir ‘n energieke en dinamiese Assistent Paklyntegnikus om aan te sluit by hulle Onderhoudsspan. Hierdie posisie rapporteer direk aan die Werkswinkelbestuurder.
VERANTWOORDELIKHEDE:
• Masjiene uitmekaar haal en weer aanmekaar sit.
• Spanleier oor handlangers.
• Meganiese tekeninge lees en bou.
• Elektriese komponente vervang.
• Meganiese fout opsporing en terugvoering verskaf.
• Daaglikse verantwoordelikhede afhandel soos vereis.
• Planne lees.
• Sal op voorafbepaalde Saterdae werk om checks op die perseel te doen
VEREISTES:
• Ervaring in ‘n pakhuis of relevante industries al in die kandidaat se guns tel.
• Uitstekende tegniese vaardighede.
• Goeie kennis en begrip van elektroniese toestelle.
• Bereid om nagskof vir langer tydperke te werk.
• Moet op kort kennisgewing oortyd kan werk of noodwerk kan verrig.
• Moet akkuraat wees en uitstekend onder druk funksioneer.
• Spanspeler
• Moet gemotiveerd en netjies wees.
• Basiese ondervinding in sweiswerk.
• Moet die vermoë hê om tegniese instruksies te verstaan en uit te voer.
Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Werwingsprosedures voldoen aan Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013.