Description:
Werksgeleentheid: Vroulike Administrasie Assistent
Ligging: Despatch, Oos-Kaap
Ons is 'n IT-maatskappy geleë in Despatch, Oos-Kaap, en ons is op soek na 'n gemotiveerde vroulike Administrasie Assistent om deel te word van ons span! Dit is 'n intree-vlak posisie met die geleentheid om te groei en te ontwikkel binne 'n dinamiese omgewing.
Belangrike Vereistes:
• Vlot in Afrikaans en Engels
• Matriek Sertifikaat
• Vaardig in Microsoft Office (Excel, Word, Outlook, Powerpoint)
• Vermoë om selfstandig te werk en take doeltreffend uit te voer.
Posbesonderhede:
• Posisie Tipe: Halfdag (Maandag tot Vrydag, 07:00 – 12:00)
• Ligging: Despatch, Oos-Kaap
Geen CV benodig nie!
Om aansoek te doen, stuur net 'n e-pos na itnmm2019@gmail.com, Ons HR-departement sal met 'n aansoek-dokument antwoord gee wat jy volledig moet voltooi.
Ons sien uit daarna om van jou te hoor!